57 tydens etniese gevegte in S-Soedan dood
2012-01-13 14:45
Juba – Altesaam 57 mense is dood in die jongste etniese gevegte in Suid-Soedan se Jonglei-staat, het die regering Donderdag gesê.
“Altesaam 57 mense is dood en die meeste van hulle is vroue en kinders. Slegs 11 van die slagoffers is mans,” het Barnaba Marial Benjamin, die minister van intelligensie, gesê.
‘n Verdere 53 mense is tydens die aanval Woensdag op Wek-stad in die Uror-distrik beseer, het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP