55 dood toe vragmotor in skare inploeg
2009-12-20 12:17
Lagos – ‘n Vragmotor wat sakke sement vervoer het, het tot die dood van minstens 55 mense gelei toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en dit in ‘n skare in Dekian ingeploeg het, het die polisie Sondag gesê.
“ Ek kan net bevestig dat 55 mense dood is,” het ‘n senior polisiebeampte aan AFP gesê.
“Die bestuurder het beheer oor die vragmotor verloor en in ‘n groep mense in gery wat besig was met ‘n prosessie langs nie pad.”
Volgens hom is verskeie mense ook in die ongeluk Saterdag beseer.
Plaaslike media het berig tussen 60 en 90 mense is in die ongeluk dood.
- Sapa