54 sterf weens vloede in Angola
2010-05-06 06:19
Luanda – Vloede in Angola het sedert Januarie reeds die lewens van 50 mense geëis en meer as 65 000 ander ontwortel.
Volgens owerhede is daar reeds 54 mense dood sedert die begin van die reënseisoen in hierdie land. Sowat 110 munisipaliteite is beïnvloed, 87 mense is gewond en 66 719 mense ontwortel.
Tot hede is 157 skole ook vernietig
Volgens die Verenigde Nasies (VN) het Suidelike-Afrika sy hoogte reënseisoen in jare in 2009 ervaar en was meer as 200 000 mense is in Angola deur vloede as gevolg daarvan, beïnvloed.
-Sapa