50 000 sterf op paaie in Nigerië
2011-12-15 17:29
Mowe - Nigerië is een van die lande met die derde meeste padongelukke ter wêreld, na China en Indië, het beamptes gesê.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sterf minstens 50 000 mense jaarliks weens verkeersongelukke.
Net 15% van Nigerië se paaie is geteer. Daagliks is daar busse wat kop-aan-kop bots en bestuurders van petroltenkers wat gereeld beheer verloor oor die voertuig wat ontploffings veroorsaak.
Kritici blameer die Nigeriese owerhede omdat hulle nie genoeg doen om die land se paaie instand te hou nie en ook beamptes wat gereeld omkoop geld aanvaar.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA