45 dood in aanval op moskee
2010-05-04 10:07
Mogadisjoe – Twee bomontploffings by ‘n moskee in Somalië se hoofstad het die lewens van 45 mense geëis en menigte ander beseer.
Die voorval het Saterdag by ‘n moskee in die hartjie van Mogadisjoe se Bakara-mark plaasgevind.
Volgens Ali Muse, die direkteur van ‘n plaaslike ambulansdiens, is honderde beseer en sal die dodetal na verwagting styg.
Ali Dhere , ‘n woordvoerder vir die al-Shabaab militante-beweging, het aanvanklik ‘buitelandse elemente’ vir die aanval blameer maar ‘n woordvoerder van die Afrika-Unie het gesê hierdie groep het later self verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar.
Lees hier meer.