4200 wat van plase moes af kort hulp

2009-11-09 01:33
Tweets Share Share line Print

André le Roux

Harare - Meer as 4 200 wit Zimbabwiese boere en hul gesinne wat van hul plase afgeskop en na dorpe en stede gedwing is, is nou hulpbehoewend.

Die Zimbabwiese landbou-unie het gister ’n geldinsamelingsveldtog van stapel gestuur om in dié mense se basiese lewensbehoeftes te voorsien.

Die oorblywende wit boere in Zimbabwe verloor vinnig moed in hul stryd teen die verskerpte besettings en afsettings van hul plase, het die landbou-unie gesê.

Op ’n mediakonferensie in Harare gister het Deon Theron, voorsitter van die unie, ook gewaarsku Zimbabwe gaan nóg ’n plantseisoen verbeur deur die gebrek aan produksie-aktiwiteit op plase wat wit boere ontruim het.

“Ons staan en kyk hoe ’n katastrofe voor ons opdoem.”

Theron het daarop gewys dat wit boere slegs 10% van plase in die land nog bewerk, terwyl 90% van die land se landbougrond nou in die hande van nuwe eienaars is wat lande braak laat lê weens ’n gebrek aan ervaring, toerusting, geld en kundigheid.

Die gevolg is dat Zimbabwe weer vanjaar op ’n algehele misoes afstuur en nie die vermoë sal hê om homself te voed nie.

Meer as 5,1miljoen Zimbabwiërs was weens verlede jaar se gebrekkige kosproduksie by tye daagliks van internasionale kosskenkings afhanklik.

Dis meer as die helfte van die land se bevolking.

Meer as 4200 wit landbou-unielede is ook nou sonder ’n standhoudende inkomste.

Die unie probeer nou geld insamel om hulle te help om te oorleef.

“Ons het $1,2miljoen (sowat R9 miljoen) per maand nodig om na die basiese behoeftes van hierdie mense om te sien,” het Theron gesê.

Volgens die landbou-unie duur die “aanslag” teen boere onverpoos voort. Meer as 150 wit boere word tans in Zimbabwiese howe vervolg omdat hulle nog op hul plase is.

Net 400 boer nog aktief. Meer as 5000 is sedert die plaasbesettings in 2000 begin het hul plase kwyt, baie met geweld.

Meer as 250000 plaaswerkers het hul werk met die afsetting van die boere verloor. Net 18000 van hulle woon en werk nog op van die plase.

Theron het aan Beeld gesê hy ervaar ’n toeloop van boere wat “nie meer kan nie en gaan opgee”.

“Ons kry pak van alle kante. Ons weet nie hoeveel langer die oorblywende boere dit nog sal kan uithou nie.

“Ons is ’n land in warboel. Ons is onseker wat die toekoms inhou en om sake te vererger, staar ’n ongekende kosskaarste ons in die gesig terwyl ons boere vervolg en verbied word om te boer,” het hy gesê.

- Beeld

Lees meer oor: zimbabwe

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris sê... Klink soos 'n genl hier by ons. Hy se mos ook die getuies teen hom is betaal om te lieg. So ook beweer Cosatu ondersteuners, was die swart DA optoggangers betaal om aan die optog deel te neem. Lyk mos soos 'n tendens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2006
R 114,990.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.