300 vas ná soldaat in ontploffing sterf
2011-11-24 19:40
Mandera – Verdedigingsmagte in Kenia het 300 inwoners in hegtenis geneem ná ‘n ontploffing op die grens met Somalië ‘n soldaat gedood en 11 ander beseer het.
Een soldaat is in die dorp Mandera dood en vyf ander is ernstig beseer en na die stad Garissa vervoer vir behandeling, het die verdedigingsmagte se woordvoerder, Emmanuel Chirchir, gesê.
‘n Totaal van 12 soldate is gehospitaliseer na die ontploffing, het ‘n plaaslike amptenaar, Faizul Abdinoor, gesê.
Die verdedigingsmagte het meer as 300 inwoners na die ontploffing in hegtenis geneem.
“Wanneer daar aanvalle in ons dorp plaasvind draai die weermag altyd teen die onskuldige inwoners van die dorp,” het die hoof van die stadsraad in Mandera, Mohamed Adan Khalif, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP