300 Somaliërs vas ná klopjag

2010-01-18 12:13
Tweets Share Share line Print

Nairobi – Die Keniaanse polisie het sowat 300 onwettige Somaliese immigrante gedurende ’n klopjag in Nairobi in hegtenis geneem.

Dit kom nadat gewelddadige betogings by 'n groot moskee in Nairobi plaasgevind het, het ‘n senior amptenaar Maandag aan AFP gesê.

Die klopjag wat in die stad se woonbuurt Eastleigh uitgevoer is, is deur die eenheid vir algemene dienste en die anti-terreur-polisie uitgevoer.

Die klopjag kom nadat gerugte die ronde gedoen het oor Islamitiese militante, die Shebab-groep wat die land vanuit Somalië infiltreer.

"Die wat in hegtenis geneem is, was onwettig in die land en hulle het geen geldige dokumente by hulle gehad nie,” het die senior amptenaar gesê.

"Hulle word by verskeie polisiestasies aangehou soos die ondersoek oor hulle teenwoordigheid in Kenia voortduur.”

Honderde Moslem-jeugdiges het Vrydag na die biduur in en rondom die moskee betoog oor die vrylating van ‘n kontroversiële Jamaikaanse imam en met die polisie gebots.

Vyf mense het gesterf en talle ander is gedurende die betoging beseer.

Abdullah al-Faisal, ’n Jamaikaanse Moslem-geestelike wat op die internasionale terreurlys is, was vir langer as ‘n week onder Keniaanse toesig nadat owerhede daarin misluk het om hom te deporteer. Al-Faisal (45) is verlede week in hegtenis geneem omdat hy die immigrasiereëls oor prediking oortree het.

George Saitoti, die minister van binnelandse sake beweer dat Shebab-beweging by die betoging betrokke was.

- Sapa-AFP    
 

Lees meer oor: terreur-aanvalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris sê... Klink soos 'n genl hier by ons. Hy se mos ook die getuies teen hom is betaal om te lieg. So ook beweer Cosatu ondersteuners, was die swart DA optoggangers betaal om aan die optog deel te neem. Lyk mos soos 'n tendens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2006
R 114,990.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.