30 seekoeie vrek weens antraks
2010-06-23 20:16
Kampala – Ten minste 30 seekoeie in ‘n gewilde Ugandese park is weens antraks-vergiftiging dood, het amptenare Woensdag gesê.
Tom Okello, bewarings bestuurder by die Queen Elizabeth nasionale park, sê 10 van die dooie diere is in die tydperk van ‘n halwe dag gevind.
“Ons het nog nooit so iets gesien nie so ek het dadelik geweet iets is verkeerd,” het Okello gesê.
Antraks ontwikkel van bakteria in die grond langs die meer in die park se banke. Wilde diere kan vergiftig word deur oop wonde en aasvoëls en groot katte kan dit ook versprei.
Volgens Okello is die bedreiging nog nie verby nie alhoewel dit tans onder beheer gebring is.