3 ontvoerdes bevry in Somalië
2009-10-03 18:22
Mogadisjoe, Somalië - Somaliese ontvoerders het Saterdag drie buitelandse noodlenigingswerkers vrygelaat wat meer as twee maande aangehou is, het 'n Islamitiese rebelleleier gesê.
Die Hizboel Islam-bevelvoerder sjeik Abdullahi Nor het gesê hy het gesien hoe die drie Saterdag op 'n klein vliegtuig klim in die suidwestelike dorpie Luq.
"Ek weet nie wie hulle verygelaat het, en of daar 'n losprys betaal is nie," het Nor gesê.
Die drie noodlenigingswerkers is in Julie ontvoer in die noorde van Kenia en is kort daarna oor die grens geneem na Somalië.
- AP