26 Libiese rebelle dood tydens botsings
2011-08-16 18:57
Tripoli – Ten minste 26 Libiese rebelle-vegters is dood tydens botsings met regeringstroepe in Brega in die ooste van die land, het plaaslike media Dinsdag berig.
Die Quryna-daaglikse koerant in Benghazi het gesê dat meeste van die rebelle deur skerpskutters geskiet is. Meer as 40 troepe is tydens die botsings beseer.
Die rebelle het probeer om beheer oor belangrike stede te kry in ‘n poging om nader aan die hoofstad, Tripoli, te kom. Die doel is om Muammar Gaddafi, die leier van Libië, te isoleer.
Die konflik in Libië het in Februarie begin nadat die regering op ‘n gewelddadige wyse betogers probeer onderdruk het en talle dood is.
Gaddafi-magte het Sondag vir die eerste keer sedert die konflik met die rebelle ‘n Scub-missiel afgevuur, het Amerikaanse verdedigingsbeamptes gesê.
Die beamptes het gesê dat die missiel afgevuur is van ‘n omgewing op pad na Brega wat deur die regering beheer word. Dit het glo in ‘n woestyn-omgewing geland en daar was geen slagoffers nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA