25 in Egipte vervolg vir moorde tydens opstand
2011-07-08 13:34
Kaïro – Die Egiptiese staatsaanklaer het 25 mense uitgewys wat tereg sal staan op moorde wat gepleeg is tydens die opstand teen Hosni Mubarak se regime.
Fathi Surur en Safwat al-Sherif, voormalige parlementêre speakers lojaal aan Mubarak, is onder die 25 wat beskuldig word van die aanhitsing tot moord en die moord op betogers, het 'n regterlike beampte gesê.
Mubarak se regime is in Februarie omvergewerp na byna drie weke van betogings teen hom.
Altesaam 846 mense is tydens die opstand dood en meer as 6 000 is beseer.
Die land se nuwe militêre heersers het beloof om enige leiers en burgerlikes wat tydens die revolusie moorde gepleeg het, te vervolg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP