25 rouklaers sterf in ongeluk
2010-09-19 21:21
Accra – Minstens 25 mense is dood en 103 ander is beseer toe ‘n vragmotor wat begrafnisgangers vervoer het in die noorde van Ghana verongeluk het.
Volgens polisie het die voertuig van die pad af gery terwyl dit ‘n ander vragmotor probeer verbysteek het.
Die voorval het Saterdag in Zagyire, sowat 700km noord van die hoofstad Accra, plaasgevind.
Volgens supt. Blewushie Godwin Cashman is 21 mense op die toneel dood en is vier ander in die hospitaal oorlede.
Die slagoffers sou ‘n begrafnis in Temale bywoon.