20 sterf in fratsongeluk
2009-08-02 12:18
Lagos, Nigerië – Twintig mense is Sondag in ‘n fratsongeluk deur ‘n vragmotor doodgery, het Nigeriese koerante Sondag berig
Rowers het vroeg Saterdagoggend ‘n bus op die Sagamu-Benin snelweg gekaap.
Hulle het die passasiers in die pad met hulle gesigte op die grond laat lê, terwyl hulle deur die groep se persoonlike besittings in die bus gegaan het, het berigte gesê.
Die vragmotor was op dieselfde pad onderweg en het oor die groep gery.
Twintig mense is dood, waarvan sewe vrouens was.
- Sapa