2 rebelle dood terwyl hul bom plant
2010-02-18 17:33
Mogadisjoe – Twee Somaliërs is dood ná hulle ‘n ploftoestel langs ‘n pad in Mogadisjoe wou plant.
Liggaamsdele het rondom die gat gelê waar die ontploffing plaasgevind het.
Volgens die polisie was die bom veronderstel om regeringsbeamptes te teiken.
“Die oorblyfsels wat hier gesien word is die dooie liggame van die beweerde rebelle wat ‘n bomaanval teen regeringsbeamptes beplan het,” het Mohamed Agmed, ‘n polisie-beampte, aan AFP vertel.
“Maar die bom het afgegaan tydens die prosedure en die twee mans doodgemaak wat dit geplant het,” het hy verduidelik.
Somaliese regeringsbeamptes word dikwels geteiken deur bomme wat langs die pad of in motors geplant word.
Yusuf Mohamed, minister van verdediging, is Maandag deur ‘n bom-ontploffing beseer.
- Sapa-AFP