16 sterf tydens aanvalle op Somaliese parlement
2010-05-17 03:04
Mogadisjoe – Sestien burgerlikes is dood nadat Islamitiese rebelle ‘n gebou aangeval het waar Somalië se parlement besig was om ‘n vergadering te hou, het ‘n mediese beampte gesê.
Volgens Abdullahi Hassan Barise, ‘n woordvoerder vir die polisie, is geen wetgewers dood of beseer tydens die aanval nie.
Volgens Ali Muse, hoof van Mogadisjoe se ambulaansdiens, het sy span sestien lyke getel.
Een-en-dertig beseerde mense is hospitaal toe geneem.
- Sapa-AP
Volg Nuus24 op Twitter.