150 vlugtelinge van Libië sterf in bootongeluk
2011-06-03 23:00
Geneva – Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap (UNHCR) het gesê dat sowat 150 lyke is gevind nadat ‘n boot naby die Tunisiese kus met vlugtelinge van Libië af gesink het.
Adrian Edwards, ‘n woordvoerder vir Adrian Edwards, het gesê daar is baie vroue en kinders onder die 150 wat dood is.
“Ten minste 578 van die geskatte 850 mense wat aanboord was het die ongeluk Woensdag oorleef.”
Oorlewendes word na vlugtelingskampe geneem waar hulle berading en hulp sal ontvang.
Edwards het gesê hierdie geval is een van die erger en meer dodelike gevalle in die Middellandse See sover hierdie jaar.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP