150 Tunisiese emigrante vermis ná boot sink

2011-04-06 13:48
Tweets Share Share line Print

Rome - ‘n Soektog na 150 Tunisiese emigrante is onderweg nadat hulle in die Middellandse See vermis geraak het ná hulle boot omgekeer het, het BBC Woensdag berig.

Italiaanse reddingspanne het reeds 48 vlugtelinge van die boot gered, wat 200 mense vervoer het.

Die boot is sowat 70 km van Lampedusa gevind. Die eiland sukkel al ‘n geruime tyd lank met duisende Tunisiese emigrante wat van die begin van die jaar af soontoe reis.

Beamptes van die reddingspan het glo 15 lyke op die toneel gesien, berig AFP.

Italië en Tunisië het ‘n ooreenkoms aangegaan om die instroming van Tunisiërs na Italië stop te sit.

Rome het ingestem om kort termyn verblyfpermitte aan 20 000 onwettige emigrante te gee maar beplan om alle nuwe aankomelinge te deporteer.

Roberto Maroni, die Italiaanse minister van binnelandse sake, het gesê die reëling sal hulle toelaat “om die kraan toe te draai” op onwettige immigrasie.

Volgens die reëling kan Italië aan Tunisiese sekuriteitsmagte “die nodige hulp” verskaf om die groeiende ringsmokkelary-bedryf te stop. Duisende mense word gereeld in klein vissersbote gedruk wat oornag oorvaar na Lampedusa, ‘n klein Italiaanse eiland naby Tunisië se kus.

Meeste van die Tunisiërs wat na Italië reis is oortuig daarvan dat dit hulle ‘n beter lewe sal gee. Meeste van hulle beplan om na Frankryk of ander Europese lande te gaan vir werke en familie en beplan nie om in Italië aan te bly nie.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa - AP

Lees meer oor: italië  |  tunisië  |  immigrasie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris sê... Klink soos 'n genl hier by ons. Hy se mos ook die getuies teen hom is betaal om te lieg. So ook beweer Cosatu ondersteuners, was die swart DA optoggangers betaal om aan die optog deel te neem. Lyk mos soos 'n tendens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2006
R 114,990.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.