10 sit lewenslank oor ontploffings in Rwanda
2012-01-15 11:30
Kigali – Tien mense is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by handgranaatontploffings die afgelope twee jaar in die Rwandese hoofstad, Kigali.
Nege ander mense is tussen vyf en 20 jaar gevangenisstraf in die Rwandese hooggeregshof opgelê en agt is vrygespreek.
Elf ontploffings, waarin sewe mense dood en 100 beseer is, het sedert 2010 in Kigali plaasgevind. Die jongste voorval was verlede week toe twee mense dood is in 'n ontploffing by 'n buitelug-mark.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter