Zuma: Dankie Suid-Afrika
2010-07-07 20:14
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Durban – President Jacob Zuma het alle Suid-Afrikaners Woensdag bedank vir die wyse waarop hulle buitelandse besoekers in die land verwelkom het tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
“Ons besoekers is hartlik in die land verwelkom en die stadions was propvol. Die regering wil alle Suid-Afrikaners bedank vir hulle samewerking,” het Zuma gesê.
Hy het verskeie sakelui, ambassadeurs en sokkerleiers toegespreek tydens ‘n funksie wat in Durban gehou is kort voor die halfeindwedstryd tussen Duitsland en Spanje by die Moses Mabhida-stadion.
Zuma was ook beïndruk met Suid-Afrikaners se volgehoue ondersteuning van die Wêreldbeker-sokkertoernooi ten spyte van die feit dat Bafana Bafana dit nie tot in die volgende ronde kon maak nie.
“Die Suid-Afrikaners het ander spanne ondersteun en dit was wonderlik. Hulle het selfs die ander spanne se sokkerklere gedra,” het hy gesê.
Volgens die president het die Wêreldbeker-toernooi verseker dat Afrika op almal se lippe was.
“Daar is geen twyfel dat hierdie toernooi die wêreld aan die gons gehad het nie. Selfs die doemprofete wat nie vertroue in die land gehad het nie, moes nou kom jammer sê.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA