Zidane kap Franse breier
2010-06-18 11:16
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg - Die sokkerlegende Zinedine Zidane het Frankryk-afrigter Raymond Domenech se spankeuse blameer vir dié span se nederlaag Donderdagaand teen Mexiko in Polokwane.
Zidane, ‘n lid van die Franse span wat 12 jaar gelede as Wêreldkampioene gekroon is, maar in die 2006 WB-eindstryd teen Italië met 'n rooikaart van die veld gestuur is, het gesê Domenech het die verkeede spankeuse gemaak vir die kragmeting teen Mexiko.
Mexiko het Frankryk Donderdagaand met 2-0 op die Peter Mokaba-stadion in Polokwane geklop.
Die oud-kaptein het gesê Domenech het 'n yslike fout begaan om Yoann Gourcuff op die plaasvervangerbank te los. Gourcuff kon, volgens Zidane, broodnodige kreatiwiteit na die Franse se spel bring.
"Die afrigter het die besluit gemaak maar ek stem glad nie daarmee saam nie," het Zidane aan 'n Mexikaanse televisiestasie, Televisa, gesê.
"Ek is baie teleurgesteld want Frankryk het nie 'n enkele doelpoging op teiken gehad nie. Vanaand het die beste span gewen," het hy gesê.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA