Woede oor leeuburger vir WB
2010-06-25 06:49
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Charles Smith, Volksblad
Vrystaat - ’n Leeuburger wat vir die duur van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika met egte leeuvleis gemaak word, het die wêreld aan die brul.
’n Restaurant in Mesa in Arizona, Amerika, se spesiale gereg het die Britse media skoon bleek om die kiewe aan die vooraand van dié land se kragmeting met Duitsland.
Die eienaar, Cameron Selogie, wou ’n leeuburger met die toernooi laat saamval. ’n Diereliefhebber het van die aardige gereg te hore gekom en gou het die internet, veral aan Britse kant, begin “brul”.
Selogie het volgens TheHuffingtonPost só op die bohaai gereageer: “In Afrika word leeus geëet. So, ek skat as dit oukei is vir Afrikane om leeus te eet, dan moet dit ook oukei vir ons wees.”