WB-koors loop hoog in Spanje, Nederland
2010-07-11 16:57
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Den Haag, Nederland - In Paul Vlaar se plattelandse kerk is die kerse, die klavier en selfs die predikant se klere vandag oranje.
Vlaar het sy diens, wat bygewoon is deur 300 gelowiges in oranje getooi, afgeskop met 'n gebed dat die Nederlandse span se spanwerk sal lei tot oorwinning in die Wêreldbekereindstryd teen Spanje in Johannesburg op Sondag.
Vlaar het tydens die diens 'n sokkerbal in die paadjie afgeskop, en die lied "You'll never walk alone" (Jy sal nooit alleen loop nie) is op die oranje klavier gespeel.
Dié toneel in Nederland is maar een klein skets van 'n nasie waar sokkerkoors vandag hoog loop, danksy dié land se eerste verskyning in 'n WB-eindstryd sedert hy in 1974 en '78 teen Wes-Duitsland en Argentinië verloor het.
Volgens Vlaar is dié sokkertema tydens 'n diens nie onvanpas in sy klein kerkie in die noorde van Amsterdam nie.
"Alles loop saam," het hy gesê. "Daar was sport, daar was geloof, en daar was liefde. Dit was tops!"
Sokkerkoors loop egter nét so hoog in Spanje, waar die ABC-koerant se voorblad vandag net 'n vlag en een woord op gehad het: "Spanje!"
Spanje, die huidige Europese kampioen, speel in sy eerste Wêreldbeker-eindstryd. Met 'n span wat bestaan uit sterre van Real Madrid en Barcelona, is afrigter Vicente Del Bosque se span die gunsteling om te wen.
Madrid se middestad was teen Sondagoggend vol vlae, en die fontein op die Plaza de Cibeles, waar ondersteuners altyd saamdrom ná 'n Real Madrid-oorwinning, is ook met 'n vlag versier.
'n Grootskerm-televisie is naby die Cibeles-fontein opgerig, en tot 250 000 ondersteuners sal die wedstryd na verwagting hier kyk.
Jose Luis Rodriguez Zapatero, Spanje se premier, het die nasionale span Sondag in 'n artikel in die El Pais-koerant geprys, en gesê dit is 'n uittekende voorbeeld van hoe 'n nasie kan saamwerk as een.
"Dis die Spanje wat ons soek, 'n kreatiewe Sanje, wat trou is aan homself, wat innoverend is, wat met die wêreld praat met 'n nuwe taal," het Zapatero gesê. "Die span het aan ons gewys hoe om vooruit te gaan met moeite en kreatiwiteit."
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP