WB-bywoningsyfers van die beste ooit
2010-07-12 14:09
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg – Die bywoningsyfers gedurende die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika staan ná 64 wedstryde op 3,18 miljoen, het Fifa Maandag gesê.
Dít is die derde hoogste bywoningsyfer vir 'n Wêreldbeker-sokkertoernooi tot op hede. Amerika het in 1998 sowat 3,6 miljoen sokkergeesdriftiges gelok en Duitsland sowat 3,4 miljoen in 2006.
Volgens statistiek was daar sowat 49 670 persone by elke wedstryd. Hierdie getal sluit nie die aanhangers in wat by die jolkolle opgedaag het nie.
Daar is sowat 2,27 doele per wedstryd aangeteken tydens vanjaar se toernooi. In 2006 in Duitsland het die getal op 2,30 gestaan en in 2002 in Korea was dit 2,52.
Altesaam 245 spelers het in 2010 geelkaarte ontvang en 17 spelers is van die veld afgestuur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA