WB: Pasop waar jy stop
2010-06-15 13:00
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg – Die Johannesburgse metropolisie het beslag gelê op sowat 15 motors in Wêreldbeker-verwante oortredings sedert die sokkertoernooi verlede Vrydag afgeskop het.
“Die motors is geskut omdat hulle onwettig geparkeer was en die eienaars moes ‘n boete van sowat R1000 betaal om hulle voertuie terug te kry,” het supt. Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê.
Sommige motoriste het glo op die hoofweg geparkeer terwyl ander binne een kilometer vanaf stadions stilgehou het.
“Die probleem is dat die motors voor 07:00 geparkeer word nog voor die paaie gesluit kan word vir die sokkertoernooi,” het Minnaar gesê.
Minnaar het ook gewaarsku dat geen genade getoon sal word teenoor motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur nie.
“Niemand is nog tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi vir dronkbestuur in hegtenis geneem nie, maar dit is duidelik dat hierdie tipe voorvalle besig is om toe te neem weens die toernooi.”
Die metropolisie het spesiaal ‘n aparte eenheid op die been gebring om dronkbestuur te beveg tydens die toernooi. Hierdie eenheid sal vanaf Dinsdag in aksie wees wanneer Brasilië en Noord-Korea mekaar aanpak op Ellispark-stadion.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA