Vuvuzela aangewys as WB-woord
2010-07-13 04:45
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Kaapstad - Die woord "vuvuzela" is deur internasionale taalkundiges as die amptelike woord van vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi ingestem.
‘n Paneel van internasionale taalkundiges het Maandag gesê dié Wêreldbeker sal onthou word vir hierdie omstrede plastiek-trompet.
"Lank nadat individuele wedstryde vergete is, sal die vuvuzela nog onthou word,” het Jurga Zilinskiene, besturende direkteur van Today Translations in Londen, gesê.
Die woord ‘vuvuzela’ is deur 75% van meer as 320 taalkundiges vanuit sowat 60 verskillende lande gekies as die woord wat die grootste impak op die toernooi gehad het.
"Te danke aan die Wêreldbeker, het die woord vuvuzela nou geen vertaling nodig nie en word dit wêreldwyd gebruik,” het Zilinskiene gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA