Villa weer Spanje se held
2010-07-03 22:32
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Anja Carstens
Kaapstad - Nog 'n Suid-Amerikaanse land moet hul tasse pak nadat Spanje Saterdagaand vir Paraguay in die WB-kwarteindronde op Ellis Park in Johannesburg met 1-0 geklop het.
Geen doele is in die eerste helfte aangeteken nie en Paraguay, wat nog net een doel in vanjaar se toernooi afgestaan het, het weer sterk verdedig.
Drama het in die tweede helfte geheers nadat 'n strafskop aan Paraguay toegeken is, maar toe briljant deur doelwagter Iker Casillas gekeer is. Onmiddelik daarna was dit Spanje se beurt om 'n strafskop waar te neem, maar dié poging is ook deur die doelwagter gekeer.
In die 83ste minuut het 'n Spaanse bal driekeer die regop pale van die
doelhok getref voor David Villa na vore getree het om uiteindelik die wendoel aan te teken.
Spanje kom nou Woensdag in Durban teen Duitsland in die tweede Wêreldbeker-halfeindronde te staan terwyl Nederland Dinsdag vir Uruguay in Kaapstad in die eerste halfeindronde pak.
Dit is die eerste keer sedert 1950 wat Spanje na die halfeindronde van 'n Wêreldbeker kon deurdring.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter
te volg.
- Nuus24