2010

‘Sokker wys hóé vir beleggers’

2010-06-28 09:54
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Die Burger

Kaapstad - Met sokker tans op almal se lippe het ’n voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, Sondag die regte snare geroer toe hy sokker gebruik het as ’n voorbeeld van hoe beleggings in Afrika aangepak moet word.

Clinton was die gasspreker by Fortune, Time en CNN se elfde Global Forum wat vanjaar in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) gehou word. Die tema van die konferensie is “Nuwe globale geleenthede”.

Terwyl Afrika tans gasheer is vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het Clinton ’n beroep op beleggers in Afrika gedoen om te sorg dat Afrikane uiteindelik die vrugte van investering pluk.

“Hoekom dink julle hou soveel mense van sokker? Daar is tog net een wenner,” het Clinton gesê.

Hy was Saterdagaand ’n toeskouer by die kragmeting tussen Ghana en Amerika in die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg.

Clinton het gesê al kan geen sokkerspan heeltyd wen nie, voel mense deel daarvan omdat daar altyd die moontlikheid van wen is.

“Die mens se gees sterf as hy voel daar is nie meer moontlikhede nie. Te veel mense glo nog hulle trek aan die kortste end van die moderne wêreld. Ons moet dié mense laat voel hulle het ’n plek in die wêreld. Enige geleentheid vir Afrika moet dus deur dié lens gesien word.”

Pres. Jacob Zuma het ook tydens sy openingstoespraak via satelliet gesê die Wêreldbeker het gehelp om wanpersepsies oor Afrika uit die weg te ruim, wat belegging op lang termyn sal bevorder.

Ook Mo Ibrahim van die Mo Ibrahim-stigting het tydens ’n ander sessie by die Forum gesê belegging in Afrika sal meer deursigtig moet wees.

Ibrahim het gereageer op ’n vraag of die China-model ’n voorbeeld is oor hoe daar in Afrika belê moet word. Hy het Chinese belegging in Afrika verwelkom, maar gepleit vir meer brûe wat Chinese beleggers met plaaslike gemeenskappe moet vorm.

“Daar moet meer deursigtigheid wees oor beleggingsprosesse en wie wat kry.”

Wolf Blitzer, ’n CNN-aanbieder, het Clinton Sondagaand ná sy toespraak gevra wat na sy mening die grootste globale uitdagings is.

“Op kort termyn moet die ekonomie reggeruk word sodat gewone mense daarby baat kan vind. Op lang termyn moet ons energie op ’n volhoubare manier gebruik,” het Clinton geantwoord.

Hy het ook na globale veiligheid verwys – spesifiek Amerika se betrokkenheid in Afganistan.

Blitzer het hom gepols oor hoe lank Amerikaanse troepe nog in Afganistan gaan wees.

Clinton was versigtig en het gesê hy weet self nie, maar tog ’n mening gewaag. “Ons sal bereid moet wees om minstens vir die volgende drie tot vier jaar daar te bly en vertroue in die Afgaanse regering te herstel voor ons daaraan kan dink om te onttrek.”



- Die Burger

Lees meer oor: bill clinton  |  jacob zuma  |  2010

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.