Siener-seekat is eintlik Paolo
2010-07-12 07:38
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Rome. – Dit is Paolo, nie Paul nie.
Die Italiaanse media eis nou die siener-seekat – wat Wêreldbeker-sokkeruitslae so akkuraat voorspel het – sedert sy afrigter Sondag in Duitsland onthul het dat hy in Italiaanse waters gevang is.
“Die seekat heet Paolo,” het die sportblad Tuttosport op sy webwerf geskryf.
Die nuus bied egter min troos vir Italië aan die einde van ’n toernooi waarin sy span – die Azzurri – dié land baie min plesier verskaf het, het die dagblad Corriere della Sera op sy webwerf geskryf.
Verena Bartsch, die seekat se afrigter, het Sondag aan die Sondaguitgawe van Duitsland se Bild gesê sy het hom in April in die see by die Italiaanse eiland Elba, naby Toskane, gevang toe hy vier weke oud was.
Bartsch se weergawe bots met Paul se amptelike biografie, waarvolgens hy twee jaar oud is en van Weymouth in Engeland kom.
Paul het sewe uit sewe wedstryde reg voorspel in sy akwariumtuiste waar twee houers, elk met ’n mossel en ’n vlag, in sy tenk laat sak is. Hy het voorspel dat Spanje die oorwinnaar in Sondag se Wêreldbeker-eindstryd sou wees.
“Op sy manier is Italië die ster van die WB-toernooi,” het die Italiaanse koerant La Republica aanlyn gesê ná die 2006-kampioene se rampspoedige uittog uit die toernooi ná ’n skokkende nederlaag van 3-2 teen Slowakye op 24 Junie, wat hulle na die bodem gestuur het van wat gelyk het soos ’n redelik maklike Groep F.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP