SAUK se baie sokkerkaartjies net vir plesier
2010-06-04 07:59
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Die Burger
Kaapstad – Die SAUK het die R3 miljoen wat hy bestee het aan wedstrydkaartjies vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi verdedig.
Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het gesê ’n verklaring van mnr. Niekie van den Berg, DA-LP, waarin die uitgawe onthul is, is misleidend.
“Die DA laat dit klink of dié kaartjies vir SAUK-werknemers en hul gesinne se plesier is. Dis onsin.”
Hy het gesê die SAUK kry ’n groot deel van sy inkomste uit advertensies en die Wêreldbeker-sokkerkaartjies is een van die maniere waarop adverteerders getrakteer kan word, wat weer tot nuwe advertensie-inkomste sal lei.
Die SAUK bied volgens hom ook kompetisies aan waardeur luisteraars wedstrydkaartjies kan wen.
“Dis ’n manier waarop ons ons luisteraarsbasis kan uitbrei. Almal doen dit – koerante ook,” het hy gesê.
Die Burger het gister berig dat die SAUK en nog twee ander staatsbeheerde ondernemings – Sentech en die Poskantoor – altesaam R5 miljoen aan sokkerkaartjies bestee het.
Die departement van staatsadministrasie het R65 000 aan Wêreldbeker-kaartjies bestee.
- Die Burger