SA nou agter BaGhana BaGhana
2010-07-02 19:03
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg – Nelson Mandela het Suid-Afrikaners aangemoedig om die sokkerspan van Ghana Vrydagaand te ondersteun tydens die kwarteindstryd wat by die Soccer City-stadion in Johannesburg gespeel sal word.
Ghana is nou Afrika se enigste hoop in die Wêreldbeker-toernooi nadat Suid-Afrika se Bafana Bafana dit nie verder as die eerste ronde kon maak nie.
Daar word nou selfs spottenderwys na die Ghanese span as BaGhana BaGhana verwys onder plaaslike sokkergeesdriftiges.
“Net soos die res van die mense op die Afrika-kontinent wens Suid-Afrika die Ghanese sokkerspan voorspoed toe met hulle wedstryd vanaand,” het Mandela in ‘n brief aan Ghana se sokkervereniging gesê.
Die ANC het Ghana ook geprys vir hulle vertoning in die Wêreldbeker-sokkertoernooi tot op hede; “Julle het die kontinent se beeld gered.”
Selfs die plaaslike organiseerders van die toernooi kan nie anders as om dit duidelik te maak dat hulle Ghana ondersteun.
“Ghana het reeds gesorg vir heelwat opwinding regoor Afrika. Ons wil hulle sterkte toewens vir Vrydagaand se wedstryd. Almal ondersteun hulle om die eerste span van Afrika te wees om die Wêreldbeker-toernooi te wen,” het Rich Mkhondo, woordvoerder vir Fifa se plaaslike reëlingskomitee, gesê.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AFP