2010

Rooney-enkel het Engeland op sy knieë

2010-04-01 08:24
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Eduan Roos

Johannesburg - Engeland se Wêreldbeker-hoop hang aan ’n dun draadjie nadat sy sterspeler, Wayne Rooney, Dinsdagaand beseer is.

Dié 24-jarige doelevraat het Woensdag na Engeland teruggekeer nadat hy ’n ernstige enkelbesering opgedoen het in Manchester United se Europese Kampioeneliga-nederlaag teen Bayern München in Duitsland.

Rooney het sy 34ste doel van die seisoen (en United se enigste) vroeg in dié wedstryd aangeteken, maar is kort voor die eindfluitjie beseer.

Volgens Alex Ferguson, United-breier, gaan Rooney in die volgende paar dae skanderings ondergaan om die erns van die besering te bepaal.

Ferguson het toegegee dat die aanvanklike terugvoer “nie belowend is nie” en dat Rooney straks die Red Devils se bepalende kragmeting in die Engelse Premierliga, oormôre teen Chelsea op Old Trafford, sal misloop.

Rooney is die giftigste pyl in Engeland se WB 2010-koker en die Britse media het dit reeds as “moontlik die einde van Engeland se Wêreldbeker-droom” bestempel.

Dié terugslag is die jongste op ’n ellelange lys probleme vir die Engelse se breier, Fabio Capello, met die toernooi wat oor sowat 70 dae begin.

Capello sal reeds sonder die dienste van Michael Owen en David Beckham moet klaarkom, terwyl daar steeds ’n vraagteken hang oor die beskikbaarheid van vyf ander eerstekeuse-spelers.

Die verdediger Ashley Cole sukkel met ’n enkelbesering, terwyl die onlangse John Terry-sage na verwagting ook die internasionale loopbaan van sy gewese Chelsea-spanmaat en Cole se logiese plaasvervanger, Wayne Bridge, beëindig het.

Capello se nuwe kaptein, Rio Ferdinand, het boonop las van ’n seer rug, terwyl die aanvallende middelveldspeler Aaron Lennon en die veteraan-doelwagter David James ook nog op die krukkelys is.

- Sport24

Lees meer oor: sokker  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.