2010

Prostitusie neem toe in Kaap voor WB

2010-05-25 09:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Stellenbosch

Mensehandel – ’n misdryf wat sy slagoffers stom maak en hulle dikwels deur misleiding in ’n strik laat beland – het reeds vóór die Wêreldbeker-sokkertoernooi in die Boland toegeneem.

Volgens Carin Nel van die organisasie Stop Trafficking of ­People (Stop) kan definitiewe statistieke van slagoffers in die Boland nie gegee word nie.

Daar is egter verhale soos dié van ’n 12-jarige meisie van Grabouw wie se ma haar vir R6 000 aan ’n Nigeriër verkoop het. Hy was op die punt om haar te verkrag toe die Kaapstadse metropolisie haar in ’n pakhuis gevind het.

“Die jong mense wat gelukkig genoeg is om gered te word, wil nie praat nie, of ouers meld nie die gevalle aan nie.

“Die koppelaars en handelaars is geweldig wreed en sal nie skroom om die ‘praters’ dood te maak nie,” het Nel gesê.

Tog kan ’n toename van dié misdryf in die Wes-Kaap gesien word in die sowat 200 nuwe onwettige bordele wat onlangs in die sakesentrum in Kaapstad oopgemaak het. Dit is volgens die Kaapstadse metropolisie, met wie Stop ’n goeie verhouding het, het Nel gesê.

Meer prostitute snags op straat is ook ’n aanduiding dat mensehandel aan die toeneem is. “Die aantal nuwe gesigte onder prostitute dui daarop dat daar baie meer prostitute ingekom het Kaapstad toe voor die Wêreldbeker-sokker,” het Nel bygevoeg.

“In Table View het ’n metropolisietaakspan ’n paar ‘gastehuise’ – wat eintlik maar bordele is – toegemaak. Selfs in die noordelike voorstede is pakhuise deurgesoek en jong meisies gevind wat vertel het dat hulle teen hul wil daar aangehou is. Hulle is glo gedwing om prostitusie te bedryf,” het Nel gesê.

Stop ontvang gereelde e-pos oor voorvalle in winkelsentrums waar mans kinders nader, onder meer twee gevalle in ’n Helderbergse winkelsentrum.

Handelaars lok ook hul slagoffers met misleidende advertensies. Veral skoolmeisies word só in mensehandel verstrengel, meen Nel. “Advertensies in koerante adverteer aanloklike werkgeleenthede met baie goeie salarisse. As die meisies by die werkplek aankom, sien hulle dat dit glad nie was waarvoor hulle aansoek gedoen het nie.”

Die Burger

Lees meer oor: suid-afrika  |  2010  |  mensehandel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.