Prins William, Harry kuier in SA
2010-06-15 04:17
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Londen – Die Britse prinse, William en Harry, het Maandag met 'n ses dae lange besoek aan suidelike Afrika begin. Die broers sal wêreldbeker-besoeke met liefdadigheids- en natuurbewaringsbesoeke kombineer.
William, 27, en Harry, 25, sal Suid-Afrika, Botswana en Lesotho besoek in hulle eerste gesamentlike oorsese toer.
Die twee het al op vele geleenthede hul belangstelling in Afrika getoon, en het in die jare tussen hulle skool- en universiteitsopleiding oor die kontinent rondgereis.
Die prinse sal Engeland se tweede wêreldbekerwedstryd, Vrydag teen Algerië, in Kaapstad bywoon.
Die prinse sal ook lede van Fifa se uitvoerende komitee ontmoet as deel van 'n veldtog om die 2018 Sokkerwêreldbeker na Engeland te bring.
William het reeds 'n aanlyn-videogesprek met Engeland se bestuurder, Fabio Capello, sowel as ander senior spelers, gevoer, en die prinse kan moontlik die Engelse span besoek.
Voor die besoek aan Suid-Afrika sal die prinse egter eers 'n draai maak in Bostwana en Lesotho ter ondersteuning van liefdadigheidsveldtogte.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP