Parreira-opvolger dalk uit eie bodem
2010-06-23 20:10
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg – Twee plaaslike kandidate, Pitso Mosimane en
Gavin Hunt, is bo aan die lys van moontlike opvolgers vir Bafana-breier Carlos
Alberto Parreira.
Parreira se afrigting van die Suid-Afrikaanse sokkerspan het
Dinsdag tot ‘n einde gekom toe die span uit die Wêreldbeker-sokkertoernooi
geval het.
Hy het $200 000 (sowat R1,5 miljoen) vir sy maandlange
kontrak gekry.
Suid-Afrika het sy laaste wedstryd, teen Frankryk, met 2-1
gewen, maar het nie genoeg punte tydens sy Groep A-wedstryde ingesamel om na
die volgende ronde van die toernooi deur te dring nie.
Parreira ondersteun openlik vir Mosimane. Die 45-jarige
voormalige speler was een van Perreira se assistente.
Volgens die Brasilianer sal dit “malligheid” wees om
Mosimane, wat al vir vyf jaar deel van die nasionale span is, oor te sien.
Hunt het ‘n UEFA A-afrigtingslisensie en het al verskeie
seisoene in Europa as afrigter deurgebring.
Volg Nuus24 Sport op Twitter.
- AFP