2010

Parreira: G’n Bafana-babelas ná 100-dag-vieringe

2010-03-02 13:57
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Eduan Roos

Johannesburg - Daar sal geen sprake wees van ’n Bafana-babelas nie wanneer sy span se voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi vandag in alle erns begin, het die sokkerafrigter van die Suid-Afrikaanse span, Carlos Alberto Parreira, belowe.

Terwyl die res van die land 100 dae voor die afskop van WB 2010 vier, sal die Suid-Afrikaners deur hul laaste passies gesit word voor vandag se wedstryd teen Namibië in die Moses Ma­bhida-stadion in Durban.

Huldeblyke het gister van oor die wêreld heen ingestroom, terwyl Sepp Blatter, Fifa-grootbaas, en verskeie van dié beheerliggaam se reëlingskomitee-lede ook vandag in Durban aankom.

“Dis ’n groot gebaar en ons is dankbaar om deel te kan wees daarvan, want dit wys hoe naby ons is aan die begin van die toernooi,” het Parreira gesê.

“Veel belangriker is die wedstryd teen Namibië egter ’n laaste kans om ’n paar spelers te sien wat lanklaas die Bafana-trui gedra het.

“Ek besef Namibië is nie juis Brasilië nie, maar ons Wêreldbeker-voorbereiding begin nou en ons durf hulle nie onderskat nie.

”Dié gewese Wêreldbeker-wenner sal veral die vertonings van die verdedigers Bryce Moon en Bradley Cranell met valkoë dophou.

“Ek het reeds ’n redelike idee van my uiteindelike groep, maar daar is nog ’n paar beskikbare plekke,” volgens Parreira.

“Ons kort veral diepte onder die verdedigers en Carnell is ’n ervare speler, terwyl ek graag sal wil sien wat Moon kan bied.

”Met Morgan Gould wat hom weens ’n besering aan die groep moes onttrek, kan Bongani Khumalo, ’n spanmaat van Gould by SuperSport United, ook ’n kans kry om sy kleim af te steek.

Daar heers boonop steeds onduidelikheid oor die beserings van staatmakers soos Benni McCarthy en Kagisho Dikgacoi, wat in Engeland behandel word.

“As dit nodig is, sal ek daarheen vlieg om met die spelers en hul dokters te gesels, want dit sal ’n reuse-terugslag wees as hulle die toernooi moet misloop,” het Parreira gesê.

Intussen het die Suid-Afrikaanse rugbybaas, Oregan Hoskins, en Springbok-afrigter, Peter de Villiers, ook húl steun aan Bafana Bafana toegesê.

“Om aan dié toernooi deel te neem is baie spesiaal, maar om dit aan te bied is ’n ongelooflike voorreg,” het De Villiers gesê.

“Die span het hul spelpeil gelig tydens verlede jaar se Konfederasiebeker en ek is oortuig daarvan dat hulle, wanneer hulle in die eerste wedstryd in Soccer City uitdraf, selfs groter sal voel as Bakkies Botha.”
 

- Volksblad

Lees meer oor: 2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2006
R 209,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.