2010

Oranjes suur oor Spanje se ‘onwettige’ oorwinning

2010-07-13 10:37
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Den Haag - Die Nederlanders het ietwat suur gereageer op die doelpunt waarmee Spanje Sondagaand die Wêreldkampioen geword het.

Hier is ’n algemene konsensus dat die doelpunt onwettig was, maar terselfdertyd word tog erken die Spaanse span was eenvoudig beter.

Heelparty van die Nederlandse spelers was woedend vir die skeidsregter, die Brit Howard Webb. Hulle, hul afrigter, Bert van Marwijk, en heelparty sportjoernaliste meen Andrés Iniesta was onkant. Bowendien moes die Nederlanders ’n hoekskop gekry het pleks van die strafskop vir Spanje wat tot die doelpunt gelei het, meen hulle.

Maar, soos Van Marwijk self toegegee het: “Die beste span het uiteindelik wel gewen.”

In Spanje is die omstredenheid van die doelpunt ook ingesien. Die sportkoerant La Marca het toegegee dat Nederland ’n hoekskop moes gekry het, maar het ook gemeen – soos talle ander – dat die Nederlanders vuil gespeel en meer geel kaarte moes gekry het.

In Nederland en Spanje is uiteraard uiteenlopend op die uitslag gereageer. Spanje het van vreugde ontplof; in Nederland het aanvanklik ’n geskokte stilte op die eindfluitjie gevolg, maar toe het die mense tog partytjie begin hou – die drank was immers reeds betaal, en die verdriet moes verdrink word.

In die sentrum van Madrid het honderdduisende Spaanse geesdriftiges tot diep in die nag feesgevier. Selfs teen vieruur gisteroggend het jong mense nog in die strate gefuif.

Die koerant El País het 11 Julie “’n historiese dag vir die nasionale sport” genoem, terwyl die hoofopskrif in die Algemeen Dagblad was: “Nederland huil”.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Lees meer oor: nederland  |  2010  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.