Ondersteuners trots op Bafana
2010-06-11 19:04
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg – By ‘n taxi-staanplek in Rustenburg, het die toeters geraas en vuvuzelas geblaas nadat Bafana Bafana gelykop gespeel het teen Mexiko.
Bafana het die eerste punt aangeteken tydens die heel eerste wedstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika. Mexiko het kort daarna ook ‘n punt op die telbord aangebring.
“Ten minste het hulle goed gespeel en dit maak ons trots. Ons moet nou net veg vir nog drie punte oor die volgende paar dae om dit tot in die volgende ronde te maak,” het Thapelo Mooko, taxi-bestuurder, gesê.
Mooko kon nie self die wedstryd op televisie kyk nie omdat hy moes werk, maar het wel ingeskakel op sy radio.
“Ek is bly ons het ‘n punt aangeteken en darem nie verloor nie. Hierdie wedstryd was ‘n goeie begin vir die span.
“Mexiko is ver bo ons op die wêreld-ranglys, ek is regtig trots op Bafana. Dit was presies wat ons land nou nodig gehad het,” het hy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA