2010

Nederland verf Kaap vir oulaas oranje met sege

2010-07-07 06:21
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Die Burger

Kaapstad - Die laaste keer.

Suid-Afrikaners het Dinsdagaand vir oulaas buitelanders in Kaapstad verwelkom vir vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi toe Nederland en Uruguay mekaar in die eerste halfeindstryd gepak het.

En niemand is teleurgestel nie. Die Nederlanders het hul plek in Sondag se eindstryd bespreek toe hulle die Suid-Amerikaners voor 62 479 toeskouers met 3-2 geklop het.

Met rustyd was sake egter nog gelykop en albei spanne se ondersteuners was erg senuagtig.

“Ons het begin huil toe Uruguay daardie doel inskiet,” het Pablo Varela en sy vriend, albei Uruguyane, met rustyd gesê.

Frenk Lamers, ’n Nederlander, het ’n knop op sy maag gehad. “Ek het die eerste doel verwag. Die tweede een het my nie so lekker laat voel nie. Nou drink ons maar ’n drankie om te kalmeer.”

Giovanni van Bronckhorst het die wenspan se rekening in die 18de minuut geopen, maar Uruguay se skerpskutter Diego Forlan het sake in die 41ste minuut gelyk gemaak.

Wesley Sneijder en Arjen Robben was ook in die kol vir Nederland voordat Maximiliano Pereira ’n troosdoel vir die verloorders behaal het.

Maar dit was nie net in die stadion waar mense partytjie gehou het nie.

Talle Suid-Afrikaners wat nié kaartjies gehad het nie het Dinsdagmiddag na die Lekkerlooproete gestroom om afskeid te neem.

“Ek weet nie hoe gaan die twaalfde (Julie, die dag ná die eindstryd) wees as hierdie verby is nie,” het Marie Botma (61) van Seepunt gesê waar sy langs die brug oor Buitengracht by Waterkantstraat gestaan het.

Ondersteuners sonder kaartjies het op pad na die stadion afgedraai en restaurante gaan soek waar hulle die wedstryd kon kyk.

En vir oulaas het dié met kaartjies op die paviljoene van die Kaapstad-stadion stelling ingeneem.

Van die begin af het die vuvuzelas elke goeie beweging, veral van die Nederlanders, luidrugtig begroet.

Van Bronckhorst en sy spanmaats sal in Nederland se eerste Wêreldbeker-eindstryd sedert 1978 speel. Hulle het toe met 1-3 teen Argentinië verloor en kon nog nooit Wêreldbeker-glorie smaak nie.

Hulle pak Sondag die wenner van Woensdagaand se tweede halfeindstryd in Durban tussen Spanje en Duitsland.

’Bom’ ontwrig Waterfront

Kaapstad. – ’n Gedeelte van die V&A Waterfront is Dinsdag ná 20:00 afgesper nadat twee verdagte sakke buite die Mitchell’s Brewery-kroeg gevind is.

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n polisiehond kon nie bepaal of die sakke skadeloos is nie en die bom-eenheid het dit in ’n beheerde ontploffing vernietig. Die sakke was vol boeke.

Die gebied is gou weer vir die publiek heropen. - Thinus Dippenaar

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.