2010

Misdaad neem af tydens WB

2010-07-06 10:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Volksblad

Bloemfontein se rol in 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi is grootliks verby, maar dit het bygedra tot ’n afname in ernstige misdaad wat moontlik hier is om te bly.

Volgens lt.genl. Amon Mashigo, Vrystaatse polisiehoof, het ernstige misdade in Bloemfontein en omringende gebiede tydens WB 2010 noemenswaardig afgeneem.

So suksesvol was die veiligheidsplanne rondom die toernooi, dat die polisie dit ernstig oorweeg om die strukture te behou wat die polisie en ander staatsdepartemente gevestig het vir die beveiliging van WB 2010.

Die polisie, departement van maatskaplike ontwikkeling, die verkeersdepartement en die plaaslike reëlingskomitee het kragte saamgesnoer om te verseker die toernooi in Bloemfontein is veilig vir almal en dat die stad se strate ook misdaadvry is.

Mashigo het Maandagoggend, in ’n eksklusiewe onderhoud met Volksblad, gesê hy was baie tevrede met die polisie se welslae tydens Bloemfontein se WB 2010-wedstryde.

Daar is byna geen ernstige misdade in die tydperk die grootste polisiekantore in die stad aangemeld nie.

Kol. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, stem saam. Hy het self verlede naweek gewonder of daar dalk ’n fout gemaak is toe hy deur Parkweg se voorvalle-register blaai en sien geen aanrandings of ander ernstige oortredings is aangemeld nie.

Die paar misdaadvoorvalle wat wel plaasgevind het, soos Japanse en Kanadese toeriste wat in die stad beroof is, was so gou opgelos dat Mashigo dink die behoud van verskeie aspekte van die WB-veiligheidsplan moet ernstig bespreek word.

Mashigo sê dit is veral belangrik om voort te gaan met sekere optrede, soos hoofweg-patrollering en verhoogde sigbaarheid van die polisie.

Dit sal hulpbronne verg, maar met voldoende beplanning behoort dit nie te moeilik te wees nie.

Hy sê die komitee wat gestig is om die toernooi se veiligheid te verseker bly vir eers bestaan. Hy hoop die Mangaung-munisipaliteit en ander departemente kan ook hul gewig agter die projek gooi.

Volgens Mashigo is misdaad slegs een van die simptome van dieper maatskaplike probleme. Dus hoop hy die departement van maatskaplike ontwikkeling kan ook voortgaan met sy werk om straatkinders en sekswerkers van die strate te hou en in die skool te kry.

Hy was ook vol lof vir die snelle afhandeling van sake in die sogenaamde Fifa-howe en sê hy hoop die regering besluit om dié aspek van wetstoepassing ook te behou.

Verder het die kringtelevisiekameras van miljoene rande wat regdeur die stad geinstalleer is, ook die polisie se taak aansienlik vergemaklik.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Short term personal lines telesales consultant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R96000 - R144000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.