Mexiko: 'gratis Nando's as hul verloor'
2010-06-10 14:13
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Kaapstad - Die bekende Portugese restaurant, Nando's, beloof in hul nuutste advertensieveldtog 'n gratis ete aan Mexikaners indien hul nasionale span die openingswedstryd van die Wêreldbeker Vrydag teen Bafana Bafana verloor.
Die skrif op die Nando's plakkaat lees: Liewe Mexikaners, die meeste buitelanders dink dat daar net omkopery en korrupsie in Suid-Afrika heers.
Om aan dié opvatting te voldoen, bied ons aan julle ‘n gratis ete indien Mexiko Vrydag teen Suid-Afrika verloor. Al wat jy hoef te doen, is om Saterdag tussen 14:00 en 17:00 'n geldige Mexikaanse paspoort na enige Nando’s restaurant te bring vir 'n kwartstuk hoender en skyfies. Gratis!
NS: As jy nie ‘n geldige paspoort het nie, is ons seker iemand sal iets vir jou kan reël.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- IOL