Lughawens wemel van WB-verkeer
2010-07-12 09:31
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg - Die lugruim in en om Johannesburg het die naweek gewemel van vliegtuie vol toeskouers vir die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Anna Sanfilippo, bemarkings- en kommunikasiespesialis van die Nasionale Lugverkeer- en Navigasiediens (ATNS), het gesê ’n gemiddelde van 40 vliegtuigbewegings (landings en opstygings) per uur is gister van 06:00 tot 11:00 by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park hanteer. Die besigste tyd was tussen 10:00 en 11:00 toe 25 vliegtuie in ’n stadium binne 35 minute geland het.
Volgens Bongani Maseko, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se direkteur vir lughawe-operasies, het daar ’n groot gedeelte van Sondagoggend elke twee minute ’n vliegtuig by O.R. Tambo neergestryk. Meer as 300 vlugte met sowat 35 000 passasiers is teen Sondag omstreeks 15:30 hanteer. Dit sluit binnelandse en buitelandse vlugte in.
Sowat 66 vliegtuie met altesaam 10 600 passasiers sou tussen 16:00 en 19:00 hier neerstryk. “Teen middernag vandag (gister) sou ons meer as 800 vliegtuie hanteer het,” het Maseko gesê.
Minstens 750 mense het Woensdagaand die halfeindstryd tussen Duitsland en Spanje in Durban weens ’n chaos by die King Shaka-lughawe misgeloop.
By die Lanseria-lughawe, noord van Johannesburg, het van die vliegtuie gister in ’n 2,4 km lange ry geparkeer gestaan. Volgens ’n lughawewoordvoerder het 98 internasionale vlugte gister tussen middernag en 17:00 hier geland.
Die oorgrote meerderheid van dié vliegtuie was vol sokkerondersteuners, onder wie die Wimbledon-wenner, Rafael Nadal, wat sy Spaanse landgenote kom ondersteun het.
- Die Burger
- Die Burger