2010

Laaste Kaapstad-wedstryd gaan bielie wees

2010-07-06 06:22
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Die Burger

Kaapstad - Ná jare van droom, beplan en uitsien na Suid-Afrika se Wêreldbeker-sokkertoernooi word die laaste wedstryd in die Moederstad Dinsdagaand gespeel.

Ten spyte van koue en nat weer wat vir Kaapstad voorspel word, gaan die stadion stampvol wees vir die eerste halfeindstryd wat tussen Nederland en Uruguay beslis word. Kuierplekke in die stad sal na verwagting ook vol wees.

’n Golf van Nederlandse ondersteuners in oranje sal die Moederstad na verwagting weer, soos toe Nederland net meer as ’n week gelede ook hier gespeel het, tref.

Onder die bekendes wat moontlik hier sal wees, is Mick Jagger, sanger van die Rolling Stones, en die akteur Leonardo diCaprio.

“Die Nederlanders wat by die huis sit, is baie jaloers op dié wat kaartjies het vir Dinsdagaand se wedstryd,” het Christoph Prommersberger, woordvoerder van die Nederlandse ambassade in Pretoria, Maandag gesê.

Die Nederlanders, wat met hul span se vorige wedstryd hier teen Kameroen in allerhande vreemde gewade soos oranje Elvis-pakkies geparadeer het, kom vanmiddag op die jolkol op die Parade bymekaar. Van 17:30 af sal hulle saam met duisende ander sokkergeesdriftiges op die Lekkerlooproete na die stadion begin stap.

Tussen 5000 en 10000 Nederlanders word verwag, het Wieke de Vries, ’n woordvoerder vir Nederlanders in die Wes-Kaap, gesê.

Die belangstelling in Dinsdag se wedstryd is só groot dat agt ekstra vlugte Maandag op die Kaapstadse lughawe geland het. Die vlugte het gekom van Amsterdam, die Seychelles, São Paulo (Brasilië), Montevideo (Uruguay), Dar es Salaam (Tanzanië), Addis Abeba (Ethiopië), Nairobi (Kenia) en Moembaai (Indië), het Deidré Hendricks, ’n woordvoerder van Acsa by die Kaapstadse lughawe, gesê.

Die jolkolle op die Parade en in Bellville, Swartklip, Khayelithsa en Vygieskraal maak Dinsdag om 13:00 oop.

Hulle sal ook Woensdag, wanneer Duitsland en Spanje in Durban teen mekaar speel, oop wees. Donderdag en Vrydag sal die jolkolle gesluit wees en Saterdag sal net die jolkol op die Parade oop wees. Sondag is al die jolkolle weer oop vir die eindstryd in Soccer City in Johannesburg.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.