Is Paul binnekort paella?
2010-07-08 17:29
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Madrid – Die Spaanse regering het Donderdag hulle kommer uitgespreek oor die veiligheid en welstand van die talentvolle siener-seekat, Paul, nadat hulle Duitsland tydens die halfeindronde van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Durban geklop het.
Paul, van die Sea Life-akwarium in Oberhausen, het glo die gawe om te kan voorspel watter span tydens die sokkertoernooi met die louere sal wegstap. Hy het reeds ses keer van te vore die regte voorspellings gemaak.
Dié seekat moet gewoonlik tussen twee glashouers met snoepgoed daarin kies. Elke houer het ‘n landsvlag daarop en verteenwoordig die twee opponente.
Hy het Dinsdag die Spaanse houer gekies en so voorspel dat dié span sal wen.
Die Spaanse regering is egter nou bekommerd of Paul veilig sal wees nadat hy weereens reg was met sy voorspelling.
“Ek is bekommerd oor die seekat...ek dink ons sal beskerming aan hom moet stuur om te verseker dat hy veilig sal wees,” het die Spaanse premier, Jose Luis Rodriguez, spottenderwys gesê.
Sommige Duitse ondersteuners het op internetforums daarop aangedring dat Paul in die paella-pot moet beland.
Spanje het selfs nou aangebied dat Paul “dadelik” na dié land moet verhuis vir sy “eie beskerming”.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA