Hotelpersoneel besteel glo sokkerspan
2010-05-28 11:46
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg - Twee skoonmakers by die Southern Sun hotel in Hyde Park het Donderdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn, nadat hulle glo geld uit die Colombiaanse sokkerspan se hotelkamers gesteel het, het polisie gesê.
Die sokkerspelers het agtergekom hulle is beroof nadat geld Dinsdag uit hul kamers by die Southern Sun verdwyn het, het kol. Eugene Opperman gesê.
“Daar het diefstal in hul kamers plaasgevind. Die span het vir sowat ‘n uur gaan oefen en hul kamers is gedurende die tyd skoongemaak,” het Opperman gesê.
“Toe hulle van die oefening terugkeer het die span agtergekom dat geld uit hul kamers verdwyn het,” het hy gesê.
The Times het Vrydag berig dat die vroue na bewering U$ 21,000 (byna R160 000) gesteel het, alhoewel Opperman, weens sekuriteitsredes, nie die bedrag kon bevestig nie.
Die twee verdagtes, Jeanet Mashimbyi (29) en Lucky Mahlatsi (25), verskyn volgende week weer in die landdroshof.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa