2010

Groot mylpaal vir Mokoena

2010-05-31 08:06
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Eduan Roos

Johannesburg - Nie nét is ’n ysere wil om te wen, toewyding, harde werk, dissipline en talent die Suid-Afrikaanse sokkerspan se hoop om aanstaande maand Wêreldbeker-geskiedenis te maak nie – dis ook die resep vir ’n lang loopbaan in die Groen-en-Goud, sê Aaron Mokoena.

Dié 29-jarige kaptein van Bafana Bafana, wat eersdaags sal probeer om die eerste keer tot nog toe verder te vorder as die eerste ronde van sokker se grootste skouspel, sal vanaand reeds die rekordboeke herskryf wanneer hy dié span teen Guatemala op die veld lei in hul voorlaaste oefenwedstryd voor WB2010.

Mokoena sal die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis word wat die land in 100 sokkerstryde verteenwoordig nadat hy sy buiging sowat 11 jaar gelede – teen Botswana – gemaak het.

“Dis ’n groot voorreg om dié rekord agter my naam te kan skryf, maar dis veel belangriker dat die span aanhou goed vaar,” het Mokoena gister gesê.

Bafana pak die Guatemalane, een van die aspoesterspanne in die wêreld, in die Peter Mokaba-stadion in Polokwane in die derde van vyf oefenwedstryde. Die Suid-Afrikaners het reeds met Thailand (4-0) en Colombia (2-1) afgereken en ’n gelykop-uitslag (1-1) teen Bulgarye behaal.

“Ek is baie tevrede met die vordering wat die span die laaste paar maande gemaak het en dis belangrik dat ons nie momentum verloor nie, selfs al speel ons teen een van die sogenaamde kleiner spanne.”

Guatemala beklee tans die 115de plek op Fifa se wêreldranglys nadat Bafana verlede week ’n ongeëwenaarde agt plekke geklim het en hulle nou in die 83ste plek bevind.

“Ek onthou my eerste wedstryd goed. Toe is ek omring deur ervare spelers by wie ek nog baie moes leer en wat bereid was om die verantwoordelikheid op hulself te neem en van voor te lei,” het Mokoena gesê.

“Die rolle is nou omgeruil en ek is een van die senior spelers wat daardie verantwoordelikheid moet dra. Ons moenie net die span help om te wen nie, maar ook die jonger spelers slyp om die span vorentoe toe te kan neem.”

Mokoena is loshande die mees ervare Bafana-speler, gevolg deur Benni McCarthy met 79 wedstryde, Siyabonga Nomvethe (77), Shaun Bartlett (74), John Moshoeu (73), Delron Buckley (72) en Lucas Radebe (70).

Radebe is juis dié Portsmouth-verdediger se grootste rolmodel.

“Ek kyk al op na hom sedert ek begin sokker speel het. Hy het my geleer jy kan niks vermag sonder die wil om te wen, toewyding, harde werk, dissipline en talent nie. Dis ook die kenmerke van Bafana en die rede waarom ons glo ons kan dit vanjaar ver bring.”

Mokoena-hulle kom ook Saterdag in Pretoria teen Denemarke te staan voordat hulle Mexiko ses dae later in die openingswedstryd in Soccer City pak.

“Daar groot druk op ons wees, want jy verteenwoordig miljoene Suid-Afrikaners wanneer jy die Bafana-trui oor jou kop trek,” het Mokoena gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Nuus24

Lees meer oor: sokker  |  2010  |  bafana bafana

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.