2010

Geveg om WB-plekke

2010-03-03 09:25
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Eduan Roos

Johannesburg - Namibië het dalk nie die skietgoed om Bafana Bafana te troef nie, tóg verwag Carlos Alberto Parreira ’n geveg soos min – tussen sy eie spelers.

Dié sokkerafrigter van die Suid-Afrikaanse span het gister ’n beroep gedoen op sy spelers om “vir hul Wêreldbeker-plekke te baklei” in Bafana se voorlaaste littelosmaker in die Moses Mabhida-stadion in Durban, voordat hulle Mexiko op 11 Junie in die eerste wedstryd van dié toernooi in die indrukwekkende Soccer City-stadion in Johannesburg pak.

“Die geveg om plekke in die span begin nou in alle erns en hoewel ek reeds ’n redelike idee het oor wie ek gaan kies, is ek steeds oop vir oortuiging,” het Parreira gesê.

“Die spelers moet besef dat hulle deel is van ’n uitsoekgroep, aangesien bitter min mense die kans kry om in ’n Wêreldbeker te speel, veral in jou agterplaas.

“Elke oefensessie en vriendskaplike wedstryd is voortaan van onskatbare waarde en die spelers moet die meeste van hul kanse maak.”

Veral die verdedigers Bradley Carnell, Bevan Fransman en Bryce Moon kry ’n laaste kans om ’n kleim af te steek nadat hulle gereeld deur Parreira se voorganger, Joel Santana, oor die hoof gesien is.

Volgens Parreira sal die fiksheid van die 33-jarige Carnell, wat tans stewig vertoon vir die Duitse klub Hansa Rostock, veral onder die loep kom.

“Hy is ’n baie ervare speler en ek slaan hom hoog aan, maar sy grootste uitdaging is om beseringvry te bly,” het die breier gesê.

Moon, wat vir PAOK in Griekeland speel, en Fransman van Maccabi Netanya in Israel, behoort ook weinig moeite te hê met ’n beperkte Namibiese arsenaal onder leiding van Henrico Botes en Rudolph Bester.

Tog sal sy span nie sy minder geroemde buurman durf onderskat nie, het Parreira gesê.

“Geen internasionale wedstryd is maklik nie en Namibië kom hierheen om ons te verras. Dis ’n goeie ding, want ons het nodig om getoets te word en te moet sweet vir ’n sege.”

Carnell, Moon, Fransman en Bongani Khumalo behoort Bafana se laaste vesting te beman nadat Khumalo ter elfder ure ingesluit is in die plek van die beseerde Morgan Gould.

Intussen het Danny Jordaan, uitvoerende hoof van WB 2010 se plaaslike reëlingskomitee, gister gekap na diegene wat steeds die land se bevoegdheid bevraagteken om dié toernooi aan te bied.

Jordaan en ’n Fifa-afvaardiging onder leiding van die sekretaris-generaal, Jerome Valcke, het die 100-dae-feesvieringe in Durban bygewoon.

“Ons het reeds heelwat twyfelaars gehad, maar vandag is ’n mylpaal en ’n kans om die wêreld te verseker dat ons gereed sal wees,” het Jordaan gesê.

“Ons het ’n lang pad gestap sedert ons naam in 2004 uit daai koevert gehaal is...ál waaroor die spanne en ondersteuners hulself nou moet bekommer, is wie die trofee op 11 Julie sal vashou.”
 

- Die Burger

Lees meer oor: namibie  |  bafana bafana  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.