2010

Geld kan dié Bafana-stryd kelder

2010-03-25 08:29
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Onthaal van hoës kos regering R10 m.
Onthaal van hoës kos regering R10 m.

Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.

Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert
Meer plaaslike kunstenaars by WB-konsert

Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.

GALERY: 2010-sokkerstadions
GALERY: 2010-sokkerstadions

Dié foto's van Suid-Afrika se wêreldbeker-stadions is deur lesers van oor die hele land ingestuur.

Timothy Molobi

Porto Feliz - Bafana Bafana se voorneme om hul Wêreldbeker-voorbereiding teen die sokkerreus Argentinië af te sluit, kan weens ’n voortslepende geldgeskil skipbreuk ly.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) weier glo om Diego Maradona se span ’n stewige wedstrydbedrag van $1,5 miljoen te betaal om in Mei teen Bafana in die splinternuwe Soccer City-stadion in Johannesburg te speel.

Die afrigter van Bafana, Carlos Alberto Parreira, wil die wedstryd teen Lionel Messi en Kie. gebruik as ’n kleedrepetisie vir die Suid-Afrikaners se eerste WB2010-kragmeting – op 11 Junie teen Mexiko.

Safa en die Argentyne kan steeds nie tot ’n vergelyk kom nie.

Parreira het gister ook die sluier gelig oor die planne vir die tweede van Bafana se drie Wêreldbeker-oefenkampe, aanstaande maand in Duitsland.

Dié Brasiliaan beoog dat sy span teen Finland en China speel nadat Bafana hul Suid-Amerikaanse safari op 30 Maart teen Paraguay afsluit.

Die Finne word geslyp deur Stuart Baxter, ’n oud-Bafana-afrigter.

Die Suid-Afrikaners het reeds in ses oefenwedstryde gespeel en pak Ponte Petra môre in die Academia Traffic De Futebol-kompleks net buite Sao Paulo nadat die wedstryd teen Desportivo Brasil na Saterdag geskuif en die stryd teen Palmeiras afgelas is.

“Hoe meer wedstryde ons speel, hoe meer kans het ek om na die spelers te kyk en te besluit oor wie in my eindelike span gaan wees,” het Parreira gesê.

“Die enigste manier waarop jy regtig dié besluite kan neem, is om die spelers in wedstrydsituasies te beoordeel – daarom speel ons soveel wedstryde.”

Volgens hom kan die beplande wedstryd teen Argentinië sy span ook help om voor ’n stampvol stadion te speel en hulself te meet teen een van die wêreld se voorste spanne.

“Om Messi na Suid-Afrika te bring, sal belangstelling aanwakker en vergoed vir enige geldelike eise.”

)?Intussen begin Bafana Bafana die vrugte pluk ná die eerste twee weke van die oefenkamp hier.

Die spelers het aan die begin gekla dat hulle te hard gedryf sou word deur die fiksheidafrigter, Francesco Gonzalez, maar nou geniet hulle die strawwe oefeninge.

“Dit wás hard, maar ons fiksheid het verbeter,” het Daylon Claasen van Ajax Amsterdam gesê.

- Sport24

Lees meer oor: 2010  |  sokker  |  bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2010

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ AT
2010
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.