Gauteng spandeer R4 milj op WB-kaartjies
2010-07-15 08:36
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Johannesburg – Die provinsiale regering in Gauteng het R4 miljoen op 4613 Wêreldbeker kaartjies spandeer, het Nomvula Mokonyane, premier van Gauteng, Woensdag gesê.
“Die besluit om die kaartjies te koop is gemaak sodat die regering vir inwoners wat nie die kaartjies kan bekostig nie, ‘n kans kan gee om van die wedstryde by te woon,” het Mokonyane gesê.
Meer as 3000 kaartjies is na skole, weeshuise en sportklubs versprei.
“Ons het die R4 miljoen as ‘n provinsie spandeer, en nie vir onsself en ons families nie.”
“Die res van die kaartjies was vir strategiese vennote.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA