Fifa: Kaapstad-stadion is perfek
2010-03-01 14:31
In-diepte Verslae
Die regering het R10,2 miljoen opgedok vir ’n luukse suite om Afrika-staatshoofde en ander hooggeplaastes tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te onthaal.
Meer Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan by Fifa se Wêreldbeker-konsert by die Orlando-stadion optree, het vervaardigers gesê.
Kaapstad - Jerome Valcke, Fifa se sekretaris-generaal, het Maandag gesê Kaapstad se 68 000-sitplek stadion is "perfek".
Valcke is gevra of Kaapstad-stadion sy gunsteling stadion is.
"Ek gaan nie die vraag beantwoord nie. Ek dink dié vraag kan jy vir jouself beantwoord," het hy gesê.
Hy het egter gesê Kaapstad se roggras-veld moet as die maatstaaf vir stadions gesien word.
"Dis 'n ongelooflike stadion en al die spanne wat in Kaapstad speel, speel in 'n perfekte plek."
Dinsdag is die 100 dae-aftelling na die begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi
Valcke het gesê van wat hy sover gesien het, is voorbereidings vir die toernooi goed op dreef.
"Op 'n skaal van een tot 10, staan die land nou op agt. Op 11 Junie sal ons 10 wees," het hy gesê.
"In terme van gereedheid is Suid-Afrika gereed om gasheer te wees vir die Wêreldbeker-toernooi."
– Sapa